Ondergrondse besoek deur die departement van minerale hulpbronne

Op 12 Augustus 2010 het lede van die taakspan oor onwettige mynaktiwiteite in die Vrystaat ʼn ondergrondse besoek gelewer aan die Beatrix Mynskag No. 1 buite Virginia. Die doel van die besoek was om alle belanghebbendes, insluitende lede van die SAPD, die departement van binnelandse sake en gemeenskapsleiers, die geleentheid te gee om ʼn goeie begrip te kan vorm van die uitdagings wat myne ondervind in die stryd teen onwettige mynwerkers.