Solidariteit Regsdienste

SA begroting verdubbel sedert 2006 maar dienslewering bly agter – Solidariteit
Suid-Afrika se gekonsolideerde staatsbegroting sal vanjaar waarskynlik die eerste keer die R1 biljoen-kerf verbysteek, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Dit sal ŉ nominale verdubbeling sedert die 2006-begroting wees, maar die vakbond hou vol dat Suid-Afrikaners beslis nie dubbeld soveel waarde uit die staat as skaars ses jaar gelede kry nie.

Solidariteit het vandag vier versoeke aan Pravin Gordhan, minister van finansies, gestuur en onder meer gevra vir verligting vir die Suid-Afrikaanse belastingbetaler en vir duidelike seine van fiskale verantwoordelikheid in sy begrotingsrede eerskomende Woensdag.

Volgens dr Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is hardwerkende Suid-Afrikaanse werknemers en die eienaars van kleinsakeondernemings moeg daarvoor om van hul swaarverdiende geld leeggetap te word. “Dié geld beland te dikwels in polities verbonde persone se sakke en word in ŉ groot mate wanbestee.”

“Die staatsbegroting het sedert 2006 nominaal verdubbel, wat beduidende toenames in onderwysbesteding insluit. Indien gekyk word na Suid-Afrika se owerheidsbesteding aan opleiding, uitgedruk as ŉ persentasie van sy totale BBP, bestee die Suid-Afrikaanse regering selfs meer aan opleiding as die regerings van Brics-lande soos Brasilië, Rusland en Indië. In 2009 het die Suid-Afrikaanse regering 5,4% van die Suid-Afrikaanse BBP aan opleiding bestee terwyl sy Brasiliaanse, Russiese en Indiese eweknieë in dieselfde jaar onderskeidelik 5,1%, 3,9% en 3,1% bestee het,” sê Hermann.

Ondanks die staat se groeiende besteding aan onderwys is onderwysers en opleiding van gehalte steeds nie die resultaat nie en die vraag na privaat onderwys groei jaar na jaar. Burgerlike instellings is algaande besig om onderpresterende staatsonderwysinstellings te vervang. “Tussen 2003 en 2008 het die aantal privaat skole en privaatskoolleerlinge in Suid-Afrika skerp toegeneem. Alhoewel groei in privaatskoolleerling regoor die land aangeteken is, het die Oos-Kaap die grootste groei getoon (168%) en het swart studente daar met 185,5% toegeneem. Dié skerp toename, juis in provinsies waar die staat se skoolstelsel grootliks in duie gestort het, dui op ŉ vertroue by leerlinge en hul ouers in die privaatonderwys-sektor. Gordhan se begrotingsrede behoort dus daarvoor voorsiening te maak dat opleiding deur privaat instellings aangemoedig en ondersteun word.”

Intussen is Solidariteit besorgd aangesien dit lyk asof pres. Zuma se groot infrastruktuur-uitbreidingsprojekte feitlik uitsluitlik deur die openbare sektor gedryf sal word, met groot implikasies vir staatskuld. Die vakbond meen dat Gordhan staatskuld moet beperk en stel ŉ algemene belastingverlaging voor. “Vir ware, volhoubare groei in die ekonomie is ŉ algemene belastingverlaging nodig, en behoort die regering meer fiskale verantwoordelikheid aan die bestedingskant aan die dag te lê.”

Solidariteit se begrotingswenke (AFR)

Piet le Roux

Senior ekonomiese navorser: Solidariteit Navorsingsinstituut

“Herstrukturering” by Absa nie deursigtig – Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het verlede week in ŉ brief aan Absa daarop aangedring dat die bank oop kaarte speel oor die “herstrukturering” by dié bank. Dit volg nadat verskeie Solidariteit-lede in Absa se stelselprogrammeringsafdeling in Januarie 2012 skriftelik in kennis gestel is dat hulle funksie met dié van die Africa Technology-span in lyn gebring gaan word. Hierdie herstrukturering sal vereis dat werknemers weer vir hulle poste moet aansoek doen.

Solidariteit hou vol dat dié herstrukturering niks anders as ŉ afleggingsproses is nie, aangesien verskeie Solidariteit-lede reeds gevra is om Absa se perseel te verlaat nadat die maatskappy met hulle beraadslaag het sonder om die vakbond vooraf in kennis te stel. Die vakbond kon intussen steeds geen verdere inligting oor die herstruktureringsproses ontvang nie, hoewel Absa reeds met die meerderheidsvakbond, Sasbo, daaroor gekonsulteer het. Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, moet ŉ maatskappy ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge met alle vakbonde wat lede verteenwoordig wat deur ŉ  afleggingsproses geraak kan word, konsulteer, ongeag die vakbonde se ledetal in daardie maatskappy.

“Indien Absa voortgaan om Solidariteit uit die konsultasieproses te sluit, oortree die maatskappy nie net artikel 189 nie, hy ontneem ook sy werknemers van hulle reg op vrye assosiasie,” meen Croucamp. “Intussen verkeer die werknemers van Absa onder geweldige druk weens onsekerheid oor hulle toekoms by die maatskappy,” voeg hy by.

Daarbenewens meen Croucamp dat ten spyte daarvan dat die proses baie eensydig, dit wil sê, sonder enige konsultering begin het, dit steeds gunstig en sonder verdere optrede deur die vakbond kan eindig.

Marius Croukamp

Woordvoerder: Solidariteit

Voornemende Aurora-entrepreneurs ontvang toekennings na entrepreneursopleiding
Voormalige werknemers van Aurora Empowerment Systems en verskeie ander individue wat in die Springs-omgewing woon, ontvang op 20 Februarie toekennings nadat hulle ŉ kursus in entrepreneurskap suksesvol voltooi het.

Die kursus was ŉ verdere stap in Solidariteit Helpende Hand se veldtog om hierdie gemeenskap by te staan om hulle toekoms in hulle eie hande te neem. Die projek is deur die werksoekportaal WerkNet gedryf. Tydens die kursus is die nege voornemende entrepreneurs gehelp om ŉ volledige besigheidsplan op te stel en hulle doelwitte te bepaal.

WerkNet het die opheffingsprojek in Junie 2011 begin deur mense wat deur die Aurora-krisis geraak is, te help om hulle CV’s op te stel. Tydens die geleentheid is die saadjie van entrepreneurskap ook geplant en belangstellendes kon dadelik vir die kursus inskryf. Uiteindelik is tien mense gekeur om met die opleiding te begin.

“In die laaste drie jaar het hierdie mense besef dat hulle van niemand anders afhanklik kan wees om vir hulle te sorg nie,” sê dr Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Dié mense het, danksy hierdie opleiding, die geleentheid op ŉ tweede kans aangegryp en verder gevoer.”

Die entrepreneursopleiding het reeds belowende resultate opgelewer. Thuli Shelembe het haar natuurlike en kruiemedisyne-onderneming uitgebrei en sodoende die belangstelling van universiteite geprikkel. Margaret Rayner het haar koekbakbesigheid na ŉ nuwe vlak geneem en bemark dit met trots nadat haar gesin vir ŉ geruime tyd moes staatmaak op kospakkies en die goedhartigheid van ander mense om aan die lewe te bly.

Die media word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum:           Maandag, 20 Februarie

Tyd:                10:00 tot 13:00

Plek:               Stable Inn Conference & Wedding Centre

Adres:            Vleiweg 11, Strubenvale, Springs

RSVP:             Juanita du Preez – 074 500 3915 of juanita@helpendehand.co.za

Regsopinie: Dekking van Vakbondverteenwoordigers tydens amptelike vakbond verlof
Dekking vakbondverteenwoordigers

Staatsinmenging in mynbedryf kan twee derdes van SA se formelesektor-werknemers negatief raak, waarsku Solidariteit
Die vakbond Solidariteit het vandag daarop gewys dat tot 6,5 miljoen uit byna 9 miljoen mense in die formele arbeidsektor negatief deur staatsinmenging in die mynbedryf beïnvloed kan word. As deel van die nasionaliseringsdebat stel die vakbond vandag ŉ verslag oor die waarde van die Suid-Afrikaanse mynbedryf bekend waarin verduidelik word hoedat gewone Suid-Afrikaners by privaat myneienaarskap baat. Die verslag, getiteld “Ons hou van die myne in privaat hande – Voordele van die Suid-Afrikaanse mynbedryf”, wys spesifiek op die voordele wat dit vir eienaars, werknemers, myngemeenskappe, die belastingkas en laastens veral vir verbruikers inhou.

“Die sleutel tot enige ekonomiese standpunt is om beide dit wat gesien én dit wat nie gesien kan word nie, in ag te neem. Ons is bly om te kan sê dat Solidariteit met hierdie studie juis daardie dikwels ongesiene voordele van privaat mynbou saam met die sigbare voordele uitwys,” verduidelik Piet le Roux, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Die vakbond Solidariteit het daarom ook vandag die minister van minerale hulpbronne, Susan Shabangu, se sterk standpunt dat Suid-Afrikaanse myne nie genasionaliseer sal word nie, verwelkom. Solidariteit hou egter vol dat die aanbevelings in die ANC-studie oor die mynbedryf, wat ŉ super-belasting van tot 50% op groot dele van mynbouwinste asook omvattende inmenging in die mynbedryf aanbeveel, dié bedryf op ŉ soortgelyke wyse as die nasionaliseringdebat sal strem.

Volgens Le Roux beklemtoon die verslag onder meer twee kritieke aspekte. “Eerstens is dit belangrik om te besef dat die mynbedryf tot ŉ baie groot mate reeds aan ‘die mense’ behoort vanweë hulle indirekte aandeelhouding daarin deur instrumente soos pensioen- en voorsorgfondse. Na raming is so veel as 6,5 miljoen mense reeds deur hierdie meganisme mede-eienaars van die mynbedryf.”

“Tweedens wys die verslag daarop dat verbruikers ruim voordele uit die mynbedryf put, selfs sonder dat hulle enige aandeel in die produksiemiddele hoef te hê. In ŉ ekonomiese sin is die grootste wenners uit die privaat mynbedryf die verbruikers, wat daaglikse toegang kry tot lewensmiddele wat meer bekostigbaar is as ooit tevore in die geskiedenis van die mensdom. Juis hierdie aspek word dikwels uit die oog verloor,” sê Le Roux.

Die verslag sluit af deur daarop te wys dat Solidariteit glo dat ŉ komplementêre verhouding tussen werkgewers en werknemers moontlik is. “Om hierdie rede verdien beide Solidariteit se lede en ander werknemers, deur die waarde wat hulle toevoeg, asook die werkgewers en eienaars, deur die leierskap en kapitaal wat hulle verskaf, gesamentlike erkenning vir die voordele van die mynbedryf. Solidariteit hoop om hierdie komplementêre verhouding te handhaaf in wat vorentoe steeds na onstuimige tye lyk,” sluit Le Roux af.

Lees die verslag by www.navorsing.co.za of klik hier.

Piet le Roux

Senior ekonomiese navorser: Solidariteit Navorsingsinstituut

Wet op Beskermende Bekendmakings
Klik hier om die wet te lees.

Staking dreig by landboumaatskappye en koöperasies
Die vakbond Solidariteit het vandag geëis dat die landboumaatskappye en koöperasies in die Graanbedingingsraad die daad by die woord voeg en hulle werknemers vanjaar met ŉ loonverhoging van minstens 10% vergoed. Al die werkgewers in die raad het in 2011 winste van R18,7 miljoen tot R219 miljoen getoon. Solidariteit het vandag ŉ loongeskil met die landboumaatskappye in die Graanbedingingsraad verklaar nadat die meeste werkgewers gister ŉ loonverhoging van slegs 6% aangebied het. Suidwes en MGK het ŉ verhoging van slegs 5% aangebied.

Volgens Theunis van Staden, Solidariteit se onderhandelaar by die bedingingsraad, het al die landboumaatskappye in die raad hulle uitstekende finansiële resultate onder meer aan hulle werknemers se “toewyding”, “motivering” en “kundigheid” in hulle jaarverslae toegeskryf. “Die werkgewers het nou die ideale geleentheid om die daad by die woord te voeg om hul dankbaarheid vir werknemers se bydrae tot hul sukses ook finansieel te betoon,” sê van Staden.

Solidariteit het veral Suidwes en MGK se loonaanbod van slegs 5% betreur. “Dié verhoging is ŉ klap in die werknemers se gesig en sal nie eens met die huidige inflasiesyfer byhou nie. Intussen was Suidwes en MGK se uitvoerende direkteure se vergoeding in 2011 onderskeidelik R11,4 miljoen en R8,1 miljoen. Indien die geskilrondte wat nou by die bedingingsraad moet plaasvind ook op ŉ dooiepunt uitloop, kan die moontlikheid van ŉ staking nie uitgesluit word nie.”

Solidariteit het die loongeskil na die Graanbedingingsraad verwys. ŉ Datum vir ŉ geskilvergadering is nog nie vasgestel nie. Solidariteit verteenwoordig lede by die volgende landboumaatskappye in die Graanbedingingsraad: GWK, OVK, MGK, Senwes, NTK, Suidwes, NWK en VKB.

Moira-Marie Kloppers

Woordvoerder: Solidariteit

Vryheid van SA mynbedryf noodsaaklik – Solidariteit
Alhoewel die ANC-ondersoekkommissie se verslag oor staatsinmenging in die ekonomie afsien van volskaalse nasionalisering en president Zuma Vrydagoggend, soos berig, beklemtoon het dat “nasionalisering nie ANC- of regeringsbeleid is nie”, is daar geen gronde vir gerustheid nie, het die vakbond Solidariteit vandag gewaarsku. Die vakbond is besorg dat nasionalisering verruil word vir ŉ “gemengde ekonomie”, soos die president dit stel, en meen dat dit ongelukkig strook met die vakbond se voorspelling in ŉ studie, wat verlede jaar onderneem is, dat daar vir eers ten minste bloot in naam van nasionalisering afgesien sal word. Die vakbond maak Donderdag ŉ verslag oor die waarde van Suid-Afrika se privaat mynbedryf bekend.

Volgens Piet le Roux, senior ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is Zuma se afwysing van nasionalisering ten gunste van ŉ sogenaamde “gemengde ekonomie” rede tot verdere kommer oor die toekoms van die mynbedryf.

“Sekerheid oor eiendomsreg is ŉ hoeksteen van ŉ vreedsame en voorspoedige samelewing. Wat die president met ŉ gemengde ekonomie in gedagte het, ondermyn eiendomsreg en is dus ŉ wesenlike bedreiging vir die welvaart van feitlik alle Suid-Afrikaners.

“Die huidige idee van ŉ gemengde ekonomie is waarskynlik geïnspireer deur die skynbare staatsgeleide groei oor die laaste paar jaar in voormalig kommunistiese lande soos China. Ons is egter bekommerd dat die ANC en die president van mening is dat daardie groei te danke is aan staatsinmenging, terwyl die verbeteringe in daardie lande in werklikheid te danke is aan die vermindering van staatsinmenging sedert belangrike vryemarkhervormings sedert die laat 1970’s daar ingestel is.”

Volgens Le Roux is dit nie verbasend dat die ANC-kommissie, wat ondersoek na staatsinmenging in die minerale sektor (SIMS) moes instel, in sy voorlopige verslag afsien van direkte nasionalisering nie.

“Dié beleidsposisie bied egter geen gronde vir gerustheid nie. Die onderliggende intervensionistiese denke wat tot die oproep om nasionalisering – en nou die sogenaamde gemengde ekonomie – aanleiding gegee het, is steeds ewe aanwesig by die ANC. Die SIMS-verslag bevind immers, soos ons voorspel het, dat nasionalisering maar net een instrument is waarmee die ANC sy doelwitte kan bereik.

“Boonop is minerale hulpbronne, soos die SIMS-verslag ook erken, reeds met die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne van 2002 genasionaliseer. Dit bied die nodige hefboom waarmee omvattende staatsinmenging in die mynbedryf kan en reeds geskied. Die voorgestelde versmelting van BBSEB-, staat- en vakbondeienaarskap in ŉ sogenaamde enkele “special purpose vehicle”-eienaarsgroep, met ŉ minimum gesamentlike stemgeregtigde eienaarskap van 30% in mynmaatskappye vir BBSEB-aandeelhouers en die staat, is ŉ aanduiding van sodanige verdere staatsinmenging en bied rede tot kommer.”

Die SNI het gedurende die afgelope ses maande twee studies oor die nasionaliseringskwessie onderneem. Die eerste studie, getiteld Building on no foundation – the logical incoherence of nationalisation and its interventionism, is reeds verlede jaar by die betrokke ANC-kommissie ingedien. (Klik hier om die verslag te lees.)

In dié studie is voorspel dat die ANC-kommissie nasionalisering waarskynlik sal verwerp, maar in die plek daarvan steeds iets sal aanbeveel wat nie wesenlik daarvan verskil nie:

“Terwyl dit voorkom asof die SIMS-kommissie waarskynlik nie nasionalisering sal aanbeveel nie, kan dit – gegewe sy opdrag, wat vir intervensionistiese voorstelle vra – nie besware teen nasionalisering opper buiten dié wat op tegniese aspekte gebaseer is nie. Terwyl die ANC wél moontlik ag mag slaan op sodanige besware, bly dit waarskynlik dat nasionalisering slegs verwerp sal word ten gunste van iets wat nie wesenlik daarvan verskil nie. In hierdie opsig is dit dan juis gepas dat die kommissie se navorsingsprogram die Staatsinmenging in die Minerale Sektor-projek heet,” lui die verslag.

Die SNI het ook gewaarsku teen die ANC-kommissie se oppervlakkige, tegniese benadering tot die ondersoek in plaas daarvan om die saak in beginsel te ondersoek:

“Om direk na tegniese punte te spring, is om die risiko te loop van eindelose debatte oor verskillende vorme van nasionalisering – of dit nou positiewe resultate inhou al dan nie ‒ pleks dat gevra word of intervensionisme (waarvan nasionalisering maar net een voorbeeld is) ŉ blywende antwoord bied op probleme in die samelewing. Só ŉ tegniese nasionaliseringdebat sal nie die ANC-jeugliga of Solidariteit se besorgdhede aanspreek nie en ook nie meer helderheid aan die ANC bied oor sommige van die mees fundamentele vraagstukke oor die aard van die samelewing en óf en hóé die waargenome eienskappe daarvan beïnvloed kan word nie.”

Volgens Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, behoort hierdie studie ŉ belangrike verwysingspunt te vorm in die debat oor nasionalisering en staatsinmenging in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

In ŉ tweede studie, wat op Donderdag, 16 Februarie deur die SNI uitgereik gaan word, wys die SNI op van die voordele van die privaat mynbedryf vir werknemers, aandeelhouers en verbruikers.

“In ŉ tydvak waarin nasionaliseringspraatjies algemeen is en waarin die eienaars van kapitaal dikwels onnadenkend gekritiseer word, is dit nie ongewoon om af te kom op ŉ besonder negatiewe hantering van die mynbedryf nie. Blootstelling aan hierdie sentimente mag ŉ waarnemer dalk onder die indruk bring dat die mynbedryf slegs ŉ klein aantal reeds baie ryk eienaars bevoordeel – terwyl dit andersins verantwoordelik is vir ongelykheid, te min werksgeleenthede, omgewingsvernietiging, ŉ ondermyning van gemeenskapslewenskragtigheid en ŉ lang lys ander probleme.

“Maar so ŉ eensydige en dikwels onakkurate benadering verberg die moderniserende en welvaartskeppende effek van ŉ bedryf waarop ŉ groot deel van ons moderne lewenstandaard rus. Omdat Solidariteit glo dat verhoudinge tussen werkgewers in die mynbedryf en mynwerkers wedersyds voordelig kan wees, het die SNI ŉ kort studie onderneem om te dien as herinnering aan die voordele van die mynbedryf.”

Die eerste studie is reeds beskikbaar op die webwerf, www.navorsing.co.za en die tweede studie sal vanaf 16 Februarie ook daar beskikbaar wees.

Piet le Roux

Senior ekonomiese navorser: Solidariteit Navorsingsinstituut

Zuma slaag nie Solidariteit se toets met staatsrede nie
Die vakbond Solidariteit het president Zuma vandag 47 uit 100 vir sy staatsrede gegee. Die vakbond het dié beoordeling gegrond op ŉ puntetoekenning vir 10 kritieke kwessies wat geïdentifiseer is.

Dr Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het die president se eerlike erkenning van talle krisissituasies waaronder die land tans gebuk gaan, soos misdaad, werkloosheid en elektrisiteitstekorte, verwelkom. “Dit was ook goed om te hoor dat die president erken dat munisipale dienslewering steeds nie op ŉ gewenste vlak is nie.” Die vakbond het egter sy teleurstelling uitgespreek met die wyse waarop die president sommige probleme geïdentifiseer het sonder om behoorlike oplossings aan te bied. “Ten opsigte van misdaad, vaardigheidstekorte en die druk op die regte van minderhede in Suid-Afrika het president Zuma met geen noemenswaardige nuwe oplossings vorendag gekom nie.”

Solidariteit het ook sy teleurstelling met Zuma se gebrekkige standpunt oor nasionalisering en ander diepgaande staatsinmenging, veral in die mynbedryf, uitgespreek. “Die kwessies van nasionalisering en staatsinmenging het reeds in die afgelope paar jaar opspraak verwek en ernstige kommer onder belanghebbendes, veral in die mynbedryf, veroorsaak. Die staatsrede was vir die president ŉ gulde geleentheid om Susan Shabangu, minister van minerale hulpbronne, se aankondiging dat Suid-Afrikaanse myne nie genasionaliseer sal word nie, te bekragtig. Dit is betreurenswaardig dat die president hierdie geleentheid onbenut gelaat het om aan huidige en voornemende beleggers in Suid-Afrika te toon dat Suid-Afrika steeds ŉ beleggersvriendelike bestemming is wat eiendomsreg hoog aanskryf.”

Intussen meen Solidariteit dat die president sy ekonomiese benadering anker in die idee dat die staat die sentrale rolspeler in die ekonomie moet wees, met die uiteindelike doel om gelyke uitkomste, eerder as gelyke wegspringplekke, te verseker. Ten spyte van die president se mooi voornemens, meen die vakbond dat hierdie ekonomiese benadering tot groter armoede, eerder as groter welvaart, lei.

“Ons verwelkom die president se planne om groot infrastruktuurprojekte aan te pak, maar is bekommerd oor die groot klem op bemagtiging eerder as die ontwikkeling van Suid-Afrikaners deur opleiding sodat meriete-aanstellings moontlik gemaak kan word.” Solidariteit het die president egter afgeraai om daarin te volhard om veral staatsdiensaanstellings slegs op grond van regstellendeaksie-teikens te maak en gewaarsku dat die vakbond sy hofsake op grond van die onbillike toepassing van regstellende aksie in die staatsdiens sal voortsit. “Meriete-aanstellings is die enigste manier om dienslewering in Suid-Afrika te verbeter.”

Volgens Hermann is dit goed dat Zuma die matrikulante wat in 2011 se eksamen goeie prestasies behaal het, gelukgewens het. “Suid-Afrika se onderwysprobleme is ongelukkig nogtans te laag aangeslaan. Veral die lae slaagsyfer in wetenskap en wiskunde is kommerwekkend. Hierdie vakke is broodnodig vir verdere studies in skaars beroepsrigtings en indien ŉ mens na die swak slaagsyfers hiervoor kyk, is dit nie verbasend dat Suid-Afrika se vaardigheidsprobleme net jaar na jaar bly toeneem nie.”

Die punte wat aan die president toegeken is, lyk soos volg:

Kategorie

Punt uit 10

Misdaad

4

Elektrisiteitsvoorsiening

5

Kulturele vryheid vir minderhede

3

Vaardigheidstekorte en onderwys

6

Nasionalisering

3

Korrupsie

6

Dienslewering

5

Regstellende aksie en rassetransformasie

2

Infrastruktuur

7

Ekonomie

6

TOTAAL

47

Wit mense met gestremdhede nou finaal uit regstellende aksie geskop
Wit mense met gestremdhede gaan nou finaal uit regstellendeaksie-prosesse geskop word, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Volgens Solidariteit sal die jongste voorgestelde wysigings aan die Wet op Breë-basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB-wet) tot die weglating van wit mense met gestremdhede uit die Wet op Gelyke Indiensneming se definisie van die aangewese groep lei.

Solidariteit het vandag in ŉ voorlegging aan die minister van handel en nywerheid, Rob Davies, gevra dat wit mense met gestremdhede ingesluit word in alle vorme van bemagtiging wat ten doel het om onbillike diskriminasie aan te pak. Solidariteit wil die neiging om wit mense met gestremdhede al meer uit bemagtiging te sluit, stuit en het derhalwe aangedring dat dié groep by alle definisies in wetgewing wat bemagtiging reguleer, ingesluit moet word.

Geleentheid vir kommentaar op die voorgestelde wysigings aan die BBSEB-wet het vandag gesluit.

Wit mense met gestremdhede is op die oomblik wel deel van die definisie van die aangewese groep in die Wet op Gelyke Indiensneming wat regstellende aksie reguleer, maar is reeds nie meer deel van die definisie van die aangewese groep in die BBSEB-wet nie. Volgens die nuwe wysigings dra die definisie in die BBSEB-wet meer gewig en dit sal geld indien daar enige spanning tussen die twee wette se definisies van die aangewese groep ontstaan.

In praktyk beteken dit dat indien ŉ maatskappy ŉ werklose wit persoon met ŉ gestremdheid in diens neem, die maatskappy nie punte vir sy swartbemagtigingstelkaart sal kry nie. Indien die maatskappy eerder ŉ welvarende, nie-gestremde swart persoon in diens neem, sal dit ingevolge die BBSEB-wet punte vir die aanstelling verdien. Indien ŉ wit persoon met ŉ gestremdheid die maatskappy ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming hof toe vat, sal die BBSEB-wet se definisie van die aangewese groep, wat wit mense met gestremdhede uitsluit, geld.

Hierdie voorgestelde wysiging van die BBSEB-wet volg ŉ regulasie van die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid wat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep laat, wat in Desember 2011 aanvaar is. Ingevolge die betrokke regulasie sal die aangewese groep volgens die definisie daarvan in die BBSEB-wet bepaal word en dit sluit wit mense met gestremdhede uit. Die staat het wit mense met gestremdhede dus reeds in Desember verlede jaar uit bemagtigingswetgewing geskop.

“Mense met gestremdhede is deel van die benadeelde groep op grond van hulle gestremdheid en nie op grond van hulle ras nie,” verduidelik dr Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Die paradoks is nou dat wit mense met gestremdhede uit die definisie van die aangewese groep gehaal word op grond van hulle ras en nie hulle gestremdheid nie. Swart mense met gestremdhede bly egter deel van die bevoordeelde groep en daar word spesiale voorsiening vir hulle gemaak op grond van hulle gestremdheid.”

Ingevolge die Wet op Gelyke Indiensneming se kode vir goeie praktyk oor die indiensneming van mense met gestremdhede word daar nie onbillik teen gestremdes gediskrimineer op grond van hulle ras nie, maar weens onkunde en stereotipes oor mense met gestremdhede.

Die kode gaan verder en bepaal dat die volgende op onbillike diskriminasie teen mense met gestremdhede neerkom:

“Unfounded assumptions about the abilities and performance of job applicants and employees with disabilities;

Advertising and interviewing arrangements which either exclude people

with disabilities or limit their opportunities to prove themselves;

Using selection tests which discriminate unfairly;

Inaccessible workplaces; and

Inappropriate training for people with disabilities.”

“Hierdie vorme van onbillike diskriminasie geld net so sterk vir wit as vir swart mense met gestremdhede. Die uitsluiting van wittes uit bemagtiging maak van Suid-Afrika se bemagtigingsproses ŉ suiwer rasseproses en nie ŉ bona fide teendiskriminasieproses nie,” sê Hermann.

Comments on the BBBEE Amendment Bill – Solidarity

Dirk Hermann

Adjunk uitvoerende hoof: Solidariteit