Solidariteit Regsdienste

Deel van die Rots
“Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My” (Joh 14:1).

Jesus se antwoord op ons ontsteltenis is kort, maar nie oppervlakkig of goedkoop nie. Nie soos dié wat ons dikwels kry van mense wanneer ons midde-in groot hartseer of ontsteltenis verkeer nie. Sy antwoord is meer as godsdiens; meer as tegnieke, selfvertroue en ‘n goeie selfbeeld. Hy sê: “Glo in God; glo ook in My” (Joh 14:1). Glo in sy volmaaktheid, sy grootsheid, sy liefde, sy voorsiening, sy sorg.

Die woord geloof kom van die stamwoord wat “vastigheid” of “standvastigheid” beteken. Dit is byvoorbeeld in die antieke tyd gebruik om te dui op ’n ma wat haar kindjie op haar heup vashou. Daardie “deel wees” van sy of haar ma gee aan die kindjie rustigheid, selfs te midde van dreigende gevaar.

Om geloof in God te hê beteken om deel te hê aan die vastigheid en standvastigheid van God en Christus – die Rots van die eeue. Geloof in God beteken dat ek Hom vertrou wat my dra. En wat ’n behoefte het ons nie in hierdie dae aan sulke standvastigheid nie!

Hierdie “deel wees” van God se sterkte en standvastigheid word so mooi geïllustreer as jy dink aan ’n skulpie of ’n mossel wat daar by die see aan ‘n rots vaskleef. Hoeveel keer het ek nie al gekyk na daardie magtige en reuse branders wat met krag op so ŉ rots afkom en in skuimende geweld daaroor breek nie. En as die water terugtrek, is die rots steeds daar – en die skulpie ook. Die magtigste tsoenami-brander kan kom en gaan, die skulpie aan die rots is steeds veilig en steeds daar. Dis nie omdat daardie skulpie soveel inherente krag het nie, nee, hy het maar net “deel geword” van die vaste, onbeweeglike rots.

O, hoe bly is ek dat ek in Hóm kan glo, kan deel wees van die Rots van die eeue!

Soos daardie kindjie op sy of haar ma se heup, wil ek net op U vertrou, Here. Amen.

Outeur: Dr. Isak Burger (President van AGS van SA)

Gijima lê afleggings voor Absa, SAPD se deur
Gijima lê afleggings voor Absa, SAPD se deur

Vaardigheidstekort in IKT-bedryf belemmer plaaslike indiensneming

Die IT-maatskappy Gijima het reeds sowat 200 werknemers sedert Desember afgelê en beplan om ’n verdere 200 werknemers teen middel Augustus vanjaar af te lê, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Ondanks ’n vaardigheidstekort in die inligting- en kommunikasietegnologie-bedryf (IKT-bedryf) gaan maatskappye voort om hoogs bekwame werknemers af te lê en werk aan buitelandse maatskappye uit te bestee.

Volgens Marius Croucamp, woordvoerder van Solidariteit, voer Gijima aan dat die afleggings plaasvind omdat die maatskappy onlangs die helfte van ’n R200 miljoen-kontrak by Absa en ’n kontrak om rekenaartoerusting aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te verskaf, verloor het. “Die afleggings kom nadat Gijima vroeër die jaar aangekondig het dat hy weer winsgewend is ná hy in 2011 meer as R370 miljoen in ’n twis met die departement van binnelandse sake oor die instelling van ’n IT-stelsel verloor het,” sê Croucamp. Gijima het sedert Desember sowat 150 permanente werknemers en 50 kontrakwerkers afgedank.

Gijima voer aan dat die afleggings weens kostedruk en veranderinge in die tegnologiebedryf wêreldwyd is. Volgens Croucamp is die tekort aan vaardighede ’n groot probleem in die IKT-bedryf. “IKT-maatskappye dank hoogs bekwame werknemers af weens verskeie redes, onder meer gelyke indiensneming, en veroorsaak dan ’n vaardigheidstekort wat tot gevolg het dat werk uitgespandeer, salarisse buitensporig verhoog en vaardighede in die buiteland gewerf word. Hierdie faktore het tot gevolg dat meer Suid-Afrikaanse werknemers afgedank word en het ’n negatiewe invloed op die indiensneming van plaaslike werknemers. Solidariteit is voortdurend met Gijima in verbinding en hou die proses dop. Die vakbond beoog om volgende week met verteenwoordigers van Gijima te vergader. Van die werknemers is gister per brief meegedeel dat ’n nuwe afleggingsproses gaan begin,” sê Croucamp.

Solidariteit gaan eersdaags die afsonderlike sake van werknemers van die Staatsagentskap vir Inligtingstegnologie (Sita) wat onregmatig ontslaan is, aanpak. Solidariteit het vroeër in ’n mediaverklaring gesê Sita se herstruktureringsproses word roekeloos deurgevoer en dat die maatskappy nie artikel 189 en 64(4) van die Wet op Arbeidsverhoudinge nakom nie. Sita se herstruktureringsproses raak ongeveer 40% van die maatskappy se 2 200 werknemers. Intussen is Nokia Siemens Networks ook tans besig met grootskaalse afleggings in Suid-Afrika, Nigerië en Duitsland. Nagenoeg 160 werknemers kan hierdeur geraak word.

Marius Croucamp

Woordvoerder: Solidariteit

Beplande KT/Telkom-transaksie voordelig vir Telkom én SA – Solidariteit
Indien die beplande transaksie tussen Telkom en KT (Korea Telecom) slaag, sal Telkom nie meer ’n semi-staatsinstelling wees nie en merendeels privaat bestuur word, het die vakbond Solidariteit vandag gesê. Die transaksie sal nie net vir Telkom-kliënte voordelig wees nie, aangesien dit waarskynlik ook positiewe gevolge vir Telkom-werknemers inhou.

Volgens Marius Croucamp, bedryfshoof van Solidariteit se Kommunikasiebedryf, is KT ’n hoogs suksesvolle en gesiene maatskappy wat leiding neem en innoveer. “KT het ’n groot rol gespeel om Suid-Korea een van die lande met die vinnigste en mees wydverspreide internetverbindings ter wêreld te maak. Die maatskappy se kennis en ondervinding kan dus vir Telkom en die Suid-Afrikaanse samelewing ’n aanwins wees,” het Croucamp gesê. Hy het verder daarop gewys dat die groot kontantinspuiting wat die KT/Telkom-transaksie sal meebring, broodnodig vir Telkom is. “Dit sal die maatskappy in staat stel om hulle infrastruktuur uit te brei, sonder dat dit hulle huidige begroting sal beïnvloed,” het Croucamp gesê.

Solidariteit het beklemtoon dat die KT-transaksie waarskynlik ook vir Telkom-werknemers ’n nuwe era sal inlui. “In Korea fokus KT daarop om vir sy werknemers ’n buigbare werksomgewing te skep deur middel van fleksiewerksure en -plekke, asook die gebruik van ‘virtuele kantore’. Laasgenoemde stel werkers in staat om hulle werk en gesinslewe beter te balanseer,” het Croucamp gesê. KT het ook daarin geslaag om hul dienste te diversifiseer, wat vir die maatskappy se werknemers nuwe geleenthede geskep het. Indien die transaksie suksesvol is, kan hierdie gesindheid moontlik na Telkom oorspoel.

Croucamp het ook daarop gewys dat KT ’n kliëntediens-georiënteerde maatskappy is wat daarin kon slaag om in ’n hoogs kompeterende bedryf te privatiseer. Die maatskappy is boonop in 2011 op die Dow Jones-volhoubaarheidsindekse as die nommer een volhoubare telekommunikasiemaatskappy uit 47 groot kommunikasiemaatskappye wêreldwyd aangewys.

Solidariteit gaan nietemin die situasie fyn dophou, aangesien die risiko van werksverliese altyd bestaan sodra ’n maatskappy sy bestuurstyl aanpas en/of sy toerusting opgradeer.

Moira-Marie Kloppers

Woordvoerder: Solidariteit

Solidariteit doen voorstelle in Velvet Sky-saak ná lesse met Aurora
Solidariteit doen voorstelle in Velvet Sky-saak ná lesse met Aurora

Werknemers weer die grootste verloorders

Die vakbond Solidariteit het vandag verskeie voorstelle oor die hantering van die Velvet Sky-saak gedoen na aanleiding van die lesse wat in sy geveg teen Aurora geleer is. Volgens die vakbond is dit nou duidelik dat Velvet Sky stap vir stap in Aurora se voetspore volg weens die oorvleueling in betrokkenes.

Gideon du Plessis, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het gewaarsku dat die lugredery se diensverskaffers en werknemers onmiddellik moet optree om te voorkom dat hulle as krediteure in dieselfde bootjie as dié van Aurora beland. Dit volg nadat die hooggeregshof in Pietermaritzburg Velvet Sky Vrydag onder voorlopige likwidasie geplaas het.

Die likwidasie-aansoek deur BP is in Maart vanjaar ter syde gestel ná Velvet Sky se aankondiging dat ŉ misterieuse buitelandse “belegger” die lugredery moontlik uit sy verknorsing kon red. Hierdie selfde valse belofte van ŉ buitelandse belegger het ŉ eentonige wysie in die Aurora-sage geword. Boonop was daar ook weer sprake, soos by Aurora, van ŉ sogenaamde omkeerstrategie. Velvet Sky skuld diensverskaffers na raming reeds meer as R100 miljoen.

Volgens Du Plessis het Velvet Sky nie net dieselfde direkteur en besigheidskonsultante as die gelikwideerde Aurora in diens geneem nie, maar hulle werkswyse is tot dusver byna identies. “Die kommerwekkendste is egter dat die lesse wat uit die Aurora-debakel geleer is, steeds nie hier toegepas word nie.   Die werknemers gaan waarskynlik die grootste verloorders in die proses wees, veral indien dit weer maande sloer voordat daar daadwerklike stappe gedoen word. Soos in die geval van Aurora is daar bevind dat Velvet Sky geen bates of kapitaal besit nie. Hulle skuld hul werkers drie maande se salarisse.”

Solidariteit se voorstelle:

Die likwidateurs wat in die Velvet Sky-saak aangestel word, moet dadelik by die hooggeregshof aansoek doen om die uitbreiding van hulle magte sodat ŉ insolvensieondervraging gehou kan word.

Die insolvensieondervraging moet alle rolspelers wat agter die skerms by die debakel betrokke was identifiseer en regstappe moet teen hulle gedoen word.

In bogenoemde geval sal Solidariteit ŉ beroep doen op die meester van die hooggeregshof om die genoemde ondervraging in die openbaar te hou sodat die betrokke individue en hul wandade  finaal blootgestel kan word sodat hulle nooit weer in Suid-Afrika sake kan doen nie.

Die likwidateurs moet die direkteure van Velvet Sky ingevolge artikel 424 van die Maatskappywet vervolg om hulle persoonlik aanspreeklik te hou vir die roekelose bestuur van die lugredery.

Die likwidateurs moet die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) by die ondersoek betrek omrede dit in die Aurora-ondersoek duidelik aan die lig gekom het dat die betrokkenes se belastingsake nie in orde was nie.

Die Velvet Sky-likwidateurs moet met die Pamodzi Gold-likwidateurs en -regspan vergader en inligting uitruil weens die ooreenkomste tussen die twee entiteite. Verder moet daar ook bepaal word of daar nie van die vermiste Aurora-miljoene by Velvet Sky aangewend is nie, veral in die lig van Solly en Fazel Bhana se betrokkenheid by beide gelikwideerde entiteite. Die Bhanas is na aanleiding van ŉ Aurora-insolvensieondervraging as die sleutelpersone in die Aurora-debakel uitgewys.

Die Velvet Sky-likwidateurs moet hulle daarvan weerhou om met die lugredery te onderhandel aangesien dit as ŉ vertragingstaktiek deur die redery misbruik sal word.

In aansluiting hierby moet krediteure en eisers hulle daarvan weerhou om enige skikking met Velvet Sky aan te gaan omrede Aurora nie enige soortgelyke skikkings nagekom het nie, maar dit bloot gebruik het om die druk op hulle te verlig en die proses in die wiele te ry.

Werknemers van Velvet Sky moet hulle uitstaande salariseise by die Velvet Sky-likwidateurs registreer en onmiddellik ander werk begin soek.

Solidariteit sal Velvet Sky-werknemers met graagte adviseer in die lig van sy noue betrokkenheid by die lot van die Aurora-werknemers.

Gideon du Plessis

Adjunk uitvoerende hoof: Solidariteit

Absa-werknemers word per e-pos gepos
Absa-werknemers word per e-pos gepos

Nog werknemers hoor: “Today, tomorrow, goodbye”

Werknemers van Absa is die afgelope week per e-pos in kennis gestel dat hulle op 9 Junie afgedank gaan word. Dit kom ten spyte van Absa se volgehoue ontkenning dat hulle afleggings uitvoer. Minstens 140 werknemers in die IT-afdeling gaan hulle werk verloor. Die vakbond Solidariteit het bewyse dat die afleggings wyer as net die IT-afdeling strek, maar Absa swyg steeds oor hoeveel mense op 9 Junie afgedank gaan word. Absa het nog verder gegaan en vorms aan werknemers gestuur waarmee hulle uit die maatskappy moet bedank.

“Ons is verstom oor Absa se onmenslike hantering van die proses. Eers is werknemers gedwing om hulle besittings in houers te pak en uit Absa se gebou begelei. Hulle is vir drie maande huis toe gestuur vir sogenaamde “tuisverlof” (gardening leave) terwyl daar gepoog sou word om hulle in ander afdelings in die maatskappy te plaas. Nou word hulle per e-pos by die huis afgedank,” het Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, gesê.

In die brief aan die werknemers word hulle versoek om ’n vorm in te vul om uit Absa te bedank. Die vorm se opskrif lui “Kennisgewing van uitdienstreding” en die werknemers moet dan die datum van hulle bedanking daarop invul.

“As werknemers hierdie vorm invul en onderteken, dan is dit nie meer ’n geval van aflegging nie, maar bedanking. Die werknemers sal gevolglik nie geregtig wees op enige skeidingsloon of werkloosheidsversekering nie.

“Regstegnies beteken dit dat iemand wat vir 40 jaar by Absa gewerk het, sonder ’n sent daar sal wegstap,” het Hermann gesê.

Solidariteit het ’n beroep op werknemers gedoen om nie die vorm in te vul nie.

Werknemers het op 7 Mei 2012 om 15:20 ’n brief per e-pos ontvang waarin hulle meegedeel word dat pogings om ander poste vir hulle te kry, onsuksesvol was. Op 8 Mei moes hulle, ter wille van onbelemmerde uitdienstreding, vorms invul waarmee hulle uit hulle medies en pensioen bedank asook ’n vorm waarmee hulle uit die maatskappy bedank. Hulle moet ook al die eiendom van die werkgewer wat in hulle besit is, gaan inhandig. “Hierdie is dus ’n geval van dat hulle “today” moes hoor dat hulle “tomorrow” moet “goodbye” sê,” volgens Hermann.

In die brief word werknemers bedank vir hulle waardevolle bydrae binne Absa en voorspoed toegewens.

Dirk Hermann

Adjunk uitvoerende hoof: Solidariteit

Die veilige anker
“Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My” (Joh 14:1).

Hierdie woorde van Jesus kry nog meer betekenis wanneer ‘n mens daaraan dink dat Hy in daardie oomblikke self hewig ontsteld was omdat Hy geweet het een van sy dissipels sou Hom verraai (Joh 13:21). Die gekwelde en gefolterde Heiland, met die kruis wat op Hom wag, troos egter ander. Was daar ooit ŉ liefde en selfverloëning soos Syne?

Om onsteld te wees is deel van ons aardse bestaan. Mense raak om verskillende redes ontsteld – sommige mense makliker as ander. Daar is so baie dinge in verskillende fasette van ons lewe wat ons omkrap, wat ons deurmekaar, onseker, verward, onrustig en bang laat word. Wat ons laat voel soos ‘n blaar wat deur ‘n kolkende stroom meegesleur word. Dit kan gebeur weens gebeure en omstandighede in ons huis en huwelik, by die werk, in die wêreld; dit kan persoonlike probleme wees of misdaad… noem maar op.

Mense kan maklik sê: “Moet jou nie ontstel nie.” Maar waarom nie? Jesus sê ook vir ons dat ons nie onsteld moet wees nie, maar Hy gee vir ons die ware rede waarom nie: “Glo in God; glo ook in My” (Joh 14:1). Geloof, kinderlike vertroue in God, is die grootste rede waarom ek en jy maar kan ontspan. Dis die één reddingstou wat sal hou al sou al die ander breek. Dis die één anker wat nie sal gly wanneer die storm hewiger word nie.

Daar is baie ander dinge waarin jy jou vertroue kan stel, en baie daarvan sal in sekere omstandighede en ‘n tyd lank selfs genoegsaam wees. Daar kom egter tye wanneer alle menslike vermoëns en middele ontoereikend sal wees en sal misluk. En dit is in sulke tye dat dit wonderlik is om God te ken en in Hom te glo.

Dankie vir die belofte dat niks en niemand my ooit uit u hand sal kan ruk nie, Here. Amen.

Outeur: Dr. Isak Burger (President van die AGS van SA)

Pasop as jy jou hand op papier sit!
Die teken van dokumente hou bepaalde regsimplikasies in

Deur Phil Davel

Inhoud

1. Inleiding

B. Inleidende teorie: Die kontraktereg en verwante regsbeginsels

C. Spesifieke toepassing op ’n dokument: Die dienskontrak

D. Die teken van dokumente en 10 praktiese wenke

E. Bronnelys

A.        Inleiding

Dit gebeur daagliks dat lede ons om advies nader met getekende dokumente soos werksaanbiedinge, dienskontrakte en addendums, handelsbeperkingsooreenkomste, en afleggings-, skikkings- of diensbeëindigingsooreenkomste. Nadat daar oor die bepalings geadviseer is, word die vraag gewoonlik gevra: “Is dit geldig?”, of “Hoe afdwingbaar is dit?” Die doel van hierdie artikel is om die gebondenheid aan getekende kontrakte of dokumente tuis te bring.

Eerstens kyk ons na die algemene kontraktereg en verwante regsbeginsels. Tweedens bring ons dit in verband met arbeidsverwante dokumente, en spesifiek dienskontrakte, en laastens bespreek ons die feit dat die teken van dokumente regsimplikasies vir ons lede inhou. In die laaste deel gee ons ook tien praktiese wenke vir voordat en wanneer jy ’n dokument onderteken.

2.  Inleidende teorie: Die kontraktereg en verwante regsbeginsels

’n Kontrak is ’n afspraak of ooreenkoms wat aangegaan is met die bedoeling om ’n regsverbintenis te skep om sekere regte en verpligtinge tot stand te bring; met ander woorde, ’n ooreenkoms wat tot regsverbintenisse aanleiding gee. Die Suid-Afrikaanse kontraktereg het ontwikkel uit die gemenereg, naamlik die Romeinse reg, Romeins-Hollandse reg, asook in beperkte mate die Engelse reg.

’n Kontrak kan slegs tussen twee of meer partye gesluit word en hoewel ’n persoon soms, veral tydens Nuwejaar, goeie voornemens kan hê, kan ’n persoon regtens nie met homself ’n kontrak aangaan nie. Daar moet ’n bepaalde prestasie of prestasies ingevolge die kontrak gelewer word. ’n Prestasie sluit in om iets te doen (soos om ’n diens te lewer of vir iets te betaal) of iets nie te doen nie (soos om nie vir ’n sekere tydperk en binne ’n bepaalde gebied vir ’n maatskappy se konkurrent te werk nie) of om iets te gee.

Die meeste kontrakte is wederkerige kontrakte, dus waar beide partye regtens tot regte asook verpligtinge verbind is. Dit beteken dat beide in die hoedanigheid van skuldeiser asook skuldenaar staan: elkeen moet iets gee of doen (verpligtinge), maar is ook geregtig om iets in ruil daarvoor te ontvang (regte). Dink byvoorbeeld aan ’n vereenvoudigde dienskontrak waar ’n werknemer sy arbeid en dienste moet lewer en in ruil daarvoor besoldiging ontvang. Die werkgewer moet weer besoldiging betaal in ruil vir die dienste en arbeid.

Wat belangrik is om te onthou, is dat daar vyf vereistes is waaraan voldoen moet word alvorens daar ’n geldige kontrak bestaan:

1)    Daar moet wilsooreenstemming tussen die partye bestaan. Soos genoem, is die kontrak ’n afspraak of ooreenkoms waarby beide partye die bedoeling moet hê dat bepaalde regsgevolge tussen hulle moet bestaan.

2)    Hierdie partye moet handelingsbevoeg wees. Dit beteken dat beide oor die nodige geestelike vermoë moet beskik om vir kontrakdoeleindes ’n wil te kan vorm. ’n Minderjarige of geestesongesteldes kan dus regtens nie self ’n kontrak sluit nie.

3)    Die kontrak moet juridies uitvoerbaar wees. Dit beteken die kontrak moet geoorloof wees en mag nie met enige gemeenregtelike of statutêre regsreël bots nie. Dit mag ook nie met die openbare belang bots of teen die goeie sedes (contra bonos mores) wees nie.

4)    Dit moet fisies uitvoerbaar wees. Die prestasie, soos dit hierbo bespreek is, moet fisies uitvoerbaar wees, met ander woorde dit moet bepaalbaar wees en ook moontlik wees om te lewer.

5)    Soms word daar deur die partye self of deur die reg bepaalde formaliteite en voorwaardes gestel waaraan voldoen moet word. Dit kan insluit dat die kontrak op skrif gestel moet word en deur die partye onderteken word.

’n Kontrak wat nie aan dié vereistes voldoen nie is nietig, met ander woorde, daar het geen kontrak tot stand gekom nie en daar is dus geen regsverbintenis nie. Dit kan wel gebeur dat bogenoemde vereistes nagekom is maar dat dit onbehoorlik bekom is. Dan is die kontrak wel geldig en nie nietig nie, maar is weens die onreëlmatigheid vernietigbaar.  Meer hieroor later.

’n Kontrak hoef natuurlik nie regverdig of billik of op die goeie trou van die partye gebaseer te wees alvorens dit geldig is nie (sien Brisley v Drotsky 2002 (4) SA 1 (HHA)).

C.  Spesifieke toepassing op ’n dokument: Die dienskontrak

’n Dienskontrak is ’n wederkerige ooreenkoms (sien hierbo) ingevolge waarvan ’n werknemer sy dienste ter beskikking van ’n ander persoon of organisasie (die werkgewer) plaas en wel teen ’n bepaalde of bepaalbare vergoeding en onder die gesag en toesig van die werkgewer.

’n Dienskontrak as deel van die kontraktereg is een van vele benoemde kontrakte omdat dit volgens sy eie minimum inhoud getipeer word. Benoemde kontrakte kom so algemeen voor dat hulle hul eie onderskeidende naam ontwikkel het, vandaar die term ‘benoem’. Ander voorbeelde van benoemde kontrakte is koop- en huurkontrakte wat hulle eie minimum essentialia (essensiële minimum kenmerke) bevat.

Die minimum vereistes van ’n dienskontrak (in ooreenstemming met algemene kontrakvereistes, soos genoem) is die volgende:

1)      Wilsooreenstemming tussen die partye;

2)      hulle moet handelingsbevoeg wees;

3)      die dienskontrak moet juridies asook fisies uitvoerbaar wees; en

4)      formaliteite.

(Sien ook Denel v Gerber 2005 ILJ 1256 (A).)

1)    Wilsooreenstemming tussen die partye

Partye moet ’n dienskontrak vryelik en vrywillig met mekaar sluit. Ingevolge artikel 48 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes kan niemand gedwing word om werk vir iemand te verrig nie en gedwonge arbeid word onwettig verklaar. Die basis van die dienskontrak is die ooreenkoms tussen die partye en sluit ooreenkomste in oor, onder andere, die aard van die kontrak, die werk wat die werknemer moet verrig, die besoldiging asook die dienstermyn.

Soos genoem is, is ’n dienskontrak vernietigbaar indien, onder andere, wilsooreenstemming onbehoorlik bekom is. Faktore wat wilsooreenstemming onbehoorlik kan beïnvloed, is die volgende:

a)    Dwaling

’n Misverstand bestaan oor sekere feite of elemente van die kontrak en kan ’n misverstand oor die rede om te kontrakteer (beweegrede) asook ’n misverstand oor sekere wilsverklaringe of die wesenlike bepalings van die kontrak insluit. ’n Voorbeeld is waar ’n werknemer glo hy word permanent aangestel terwyl hy in der waarheid vir ’n vaste termyn aangestel word.

b)    Wanvoorstelling of misleiding

Dit is ’n onware stelling wat gemaak is en kan bedrieglik (opsetlik), nalatig of skuldloos gemaak word. So ’n valse feit kan uitdruklik of selfs stilswyend gestel word en moet wesenlik wees, met ander woorde, die wanvoorstelling moet die misleide party oorreed om te kontrakteer. ’n Voorbeeld is waar ’n werkgewer ’n valse stelling maak dat ’n werknemer permanent aangestel gaan word of ’n sekere salaris sal ontvang terwyl dit nie die geval is nie. So ’n kontrak is dan volgens die keuse van die benadeelde party vernietigbaar en restitusie (om jou in dieselfde posisie te plaas as waarin jy was voordat jy gekontrakteer het) kan geëis word. Indien die werknemer dié opsie uitoefen, kan hy of sy egter nie kontraktuele remedies soos kontrakbreuk en skadevergoeding eis nie omdat daar dan geen kontrak bestaan nie. Indien dit aan die elemente van bedrog voldoen, kan wanvoorstelling ook strafregtelik vervolg word.

c)    Vreesaanjaging, dwang en onbehoorlike beïnvloeding

Soms word wilsooreenstemming bereik deur vrees by ’n persoon in te boesem of die persoon te dwing of onbehoorlik te beïnvloed, wat hom of haar beweeg om ’n dienskontrak te sluit. Normaalweg sou die persoon nie gekontrakteer het nie maar weens dié eksterne faktore is die persoon oorgehaal om ’n kontrak te sluit – daar was dus nie wilsvryheid nie. ’n Algemene voorbeeld is om ’n persoon te dreig met leed: die spreekwoordelike geweer teen die kop hou, skade of afdanking.

2)    Handelingsbevoegdheid

Dit beteken basies dat beide die partye die bevoegdheid en vermoë moet hê om hulle eie wil te kan vorm en ooreenkomstig daardie wil te kan handel, dus met gesonde oordeel, en om die aard en gevolge van hulle handeling te kan besef. Soos genoem, beskik geestesongestelde persone nie oor handelingsbevoegdheid om ’n dienskontrak te kan sluit nie. Handelingsbevoegdheid word egter in die personereg behandel.

3)  Juridiese asook fisiese uitvoerbaarheid

Volgens die regspreuk pacta sunt servanda moet ooreenkomste en kontrakte nagekom word. Maar in die gemenereg is kontrakte onafdwingbaar indien dit teen die goeie sedes of openbare beleid is. Kontrakte wat ook onwettig is, kan nie afgedwing word nie. Onwettige kontrakte kan regtens ook nie gesluit word nie. In Georgieva-Deyanova v Craighall Spar (2004) 9 BALR 1143 (KVBA) het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie geen jurisdiksie gehad oor die ontslag van ’n onwettige immigrant nie omdat die dienskontrak ab initio (van die begin af) ongeldig was. Indien dienskontrakte van die begin af fisies of objektief onmoontlik is om uit te voer, het geen dienskontrak tot stand gekom nie.

4) Formaliteite

Volgens die gemenereg word geen formaliteite vereis indien ’n dienskontrak gesluit word nie, selfs nie eens opskrifstelling nie. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes maak in artikel 29 voorsiening daarvoor dat ’n werkgewer bepaalde geskrewe besonderhede tydens indiensneming as ’n minimum vereiste moet voorsien. Hoewel dit ’n minimum vereiste is, is dit nie genoegsaam nie en is dit wenslik dat ’n werkgewer met elke werknemer ’n geskrewe kontrak aangaan. Artikel 29 bepaal egter nie dat ’n dienskontrak op skrif moet wees nie.

By sekere spesifieke dienskontrakte vereis statutêre bepalings wel dat kontrakte op skrif gestel word. Voorbeelde is dienskontrakte van kandidaatprokureurs soos bepaal deur die Wet op Prokureurs, 1979 (Wet 53 van 1979), soos gewysig, en leerders onder die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998).

D. Die teken van dokumente en 10 praktiese wenke

Die regsimplikasies van handtekeninge op ’n werksdokument is dat die partye wat dit onderteken het regtens daaraan gebonde is. Dit beteken dat die partye ingevolge die kontrak moet presteer. Deur ’n kontrak te onderteken, gee die partye te kenne dat hulle bewus is van die inhoud daarvan, dat wilsooreenstemming bereik is en dat hulle regtens verbind is aan die dokument.

Die kern van die artikel is dus die volgende:

Indien die elemente en vereistes van ’n getekende dokument of kontrak soos hierbo genoem en bespreek is, nagekom en teenwoordig is, is dit geldig en is jy gebind.

Indien ’n dienskontrak of handelsbeperkingsklousule onderteken word, is die ondertekenaar  gebind en kan daar nie later beweer word dat hy of sy nie die inhoud gelees of verstaan het en nie gebonde is nie. Indien ’n skikkingsooreenkoms  onderteken word, is die partye gebonde aan die bepalings en kan geen dispuut behalwe die nienakoming en/of nie-uitvoering daarvan verwys word nie.

Dieselfde beginsel geld ook by afleggingsooreenkomste en diensbeëindigingsooreenkomste. Soos genoem is, moet enige ooreenkoms vrywillig aangegaan word en kan jy nie gedwing word om ’n kontrak te teken nie.

Met bogenoemde asook die vereistes vir ’n geldige kontrak in gedagte, bring dit ons by ’n paar praktiese wenke voordat jy jou hand op papier sit:

Lees elke      dokument voor dit onderteken word.

Moenie      dokumente teken wat jy nie verstaan of nie mee saamstem nie. Vra die      werkgewer om die dokument te verduidelik of verkry professionele  regsadvies.  Moet ook nie dokumente met blanko      spasies onderteken nie.

Moenie deur      dreigemente of dringendheid gedwing word om enigiets te teken nie. ’n      Werkgewer kan nie ’n werknemer belet om huis toe te gaan of hom enige      ander reg ontneem alvorens ’n dokument geteken is nie. Onthou egter dat ’n      kontrak wel kan bepaal dat ’n aanbod of sekere bepalings na ’n sekere tyd      kan verval. Jy sal geen verweer hê indien jy nie binne die bepalings van      die kontrak gebly het nie.

Onthou dat      indien jy ’n dokument teken dit prima facie (op die oog af) geldig en      afdwingbaar is en indien jy beweer dat jy as gevolg van, onder andere, ’n gebrek      aan wilsooreenstemming of as gevolg van dwaling, vreesaanjaging of dwang nie      gebonde is nie, die onus op jou rus om dit op ’n oorwig van      waarskynlikheid te bewys.

Kyk veral      uit vir woorde soos skik, erken, aanvaar, wedersyds, stem toe, kom ooreen en veral volle      en finale ooreenkoms asook geen      verdere aksies van watter aard ook al. Vergewis jou van die bepalings      en maak seker dat jy jou met die woorde in konteks kan vereenselwig en      versoen voor jy dit teken.

Hou altyd ’n      afskrif van enige dokument wat jy onderteken. Voordat jy ’n dokument aan ’n      werkgewer teruggee, maak eers ’n afskrif daarvan met die handtekeninge daarop.

Mondelinge      ooreenkomste is geldig en afdwingbaar, maar indien daar ’n dispuut      ontstaan, is dit moeilik om te bewys. Onthou dit. Kry alles sover moontlik      op skrif.

Daar is niks      fout daarmee om eers dokumente met “slegs ontvangserkenning” te teken nie.      Daar is geen bindende krag op die inhoud van so ’n dokument nie en dit kan      steeds deur die ondertekenaar betwis en gewysig word .

Maak seker      dat die persoon met wie jy kontrakteer die nodige volmag en/of prokurasie      het indien hy of sy namens iemand anders of ’n organisasie met jou ’n      kontrak sluit. Niemand kan ook namens jou ’n kontrak sluit of ’n dokument      onderteken sonder die nodige volmag of selfs mandaat nie.

Skakel      Solidariteit voor jy enige dokument onderteken. Onkunde is geen verweer      nie en daar is weinig wat ’n vakbond of ’n hof vir jou kan doen.

Bronnelys

Kommersiële      Reg, derde uitgawe, CJ Nagel (red.), LexisNexis Butterworths

“Slaggate:      Diensaanvaarding, tydens diens en diensbeëindiging”, Gerhard Hildebrand,      Solidariteit

A Practical guide to Labour Law,  Du Plessis & Fouche, 2006

“Contracts      of employment: Employment status and contracts of employment”, The South African Labour Guide

AfriForum Jeug UP dien reddingsplan vir studentetradisies in
AfriForum Jeug UP dien reddingsplan vir studentetradisies in,

oorhandig petisies met 7 500 handtekeninge aan UP

AfriForum Jeug het vandag ŉ reddingsplan vir studentetradisies by die Universiteit van Pretoria (UP) se bestuur ingedien. Daarbenewens het die UP-bestuur sowat 750 petisiebriewe ontvang waarmee elke brief 10 studente verteenwoordig wat AfriForum Jeug se petisie vir die beskerming van tradisies soos Jool, Lentedag, Sêrrie en Ienkmelodienk, onderteken het.

“Meer as 7 500 studente het hulle steun aan AfriForum Jeug se veldtog vir die behoud van tradisies toegesê. Studente eis nou dat die rektor, prof Cheryl de la Rey, haar steun openlik aan Jool, Lentedag, Sêrrie en Ienkmelodienk sal toesê,” sê Liza-Mari Coetzee, voorsitter van die AfriForum Jeug UP-tak.

Lentedag, Pre-Lentedag, Jool en koshuistradisies was veral die afgelope jaar in die spervuur. Lentedag asook Pre-Lentedag-vieringe het nie verlede jaar by die UP plaasgevind nie.

“Tradisies en kultuur is die DNS van ‘n instelling soos ‘n universiteit en AfriForum Jeug wil konstruktief bydra tot die voortbestaan hiervan,” sê Coetzee.

Die reddingsplan stel duidelike riglyne aan die UP oor stappe wat gevolg moet word om te verseker dat die tradisies nie uitsterf nie. Die reddingsplan stel onder meer voor dat:

Enige proses om ‘n tradisie te herevalueer moet duidelik aan studente bekend gemaak word, oopgestel word vir debat en ten volle met openbare konsultasie met studente bespreek word.

Die UP moet ‘n komitee en aksieplan saamstel om toe te sien dat tradisies op UP vir die toekoms behoue bly;

Pre-Lentedag vieringe moet vanjaar by al die koshuise plaasvind.

Die vervroeging van ontheffingsdatums van eerstejaarstudente in koshuise moet gestaak word aangesien dit ‘n negatiewe effek op eerstejaars se akademiese program het;

Coetzee sê dat die meer as 7 500 studente wat die petisie vir die beskerming van tradisies geteken het ‘n bewys is dat studente nie die saak ligtelik opneem nie.

AfriForum Jeug is tans besig met ŉ bewusmakingsveldtog om studente oor die geweldige agteruitgang van studentetradisies op die kampus in te lig. “Tradisies word nie net onderdruk nie, maar word ook doelbewus afgeskaf,” sê Coetzee.

“Die doel van die aksie is om werkbare oplossing te kry sodat tradisies soos veral Pre-Lentedag, Lentedag en selfs gesonde koshuistradisies wat jaar na jaar geteiken word, kan voortleef” sê Coetzee.

AfriForum Jeug wil aan die bestuur bewys dat die meeste studente ten gunste is van gesonde studentetradisies, aangesien dit bydra tot ‘n gevoel van samehorigheid.

Liza-Mari Coetzee

AfriForum Jeug, voorsitter: UP

Akademia stel ses onderrigleersentrums dwarsoor Suid-Afrika bekend
Akademia het reeds vroeër vanjaar vier onderrigprogramme (drie sertifikate en ’n diploma) begin aanbied en kan so vroeg soos volgende jaar sy eerste graad aanbied. Danksy die nuutste telematiese tegnologie gaan Akademia interaktiewe klasse oor Suid-Afrika heen by die ses onderrigleersentrums aanbied. Die instelling beplan om binne vyf jaar onderrigleersentrums in elke groot sentrum in die land te vestig en om aan die einde van die vyf jaar 10 000 ingeskrewe studente oor ’n wye spektrum van studierigtings te hê.

Klik hier om ŉ artikel deur Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, oor die belangrikheid van Akademia in Suid-Afrika te lees.

Besoek www.solidariteitmedia.co.za om Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia se aanbieding oor Akademia te lees.

Marthinus Visser

Besturende direkteur: Akademia

Sel: 082 926 3441

Meer oor Akademia:

Akademia, ’n inisiatief van die Solidariteit Beweging, is ’n splinternuwe privaat Afrikaanse afstandonderriginstelling wat hoëronderwys-kwalifikasies van gehalte teen 30% tot 50% goedkoper as die res van die mark bied. By Akademia kan studente hulle nauurs in skaars beroepsrigtings bekwaam en hulself daardeur aanstelbaar maak in ’n groeiende ekonomie. Akademia spog reeds met ses leersentrums in Centurion, die Moot in Pretoria, Vanderbijlpark, Boksburg, Roodepoort en Stellenbosch, en beplan om binne vyf jaar ’n leersentrum in elke groot sentrum in Suid-Afrika te bedryf.

Akademia bied:

Gehalte-studiemateriaal in Afrikaans wat Afrikaans as wetenskaptaal bevorder;

nauurse, interaktiewe lesings by ’n hoëtegnologie-leersentrum in jou omgewing;

’n tabletrekenaar vir navorsing, opdragte en kommunikasie met Akademia;

’n elektroniese biblioteek; en

persoonlike kontak, begeleiding en ondersteuning.

Programme vir 2012:

Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (NKR (NQF) vlak 5, 120 krediete, Saqa-ID-nommer: 86526);

Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde (NKR (NQF) vlak 5, 130 krediete, Saqa-ID-nommer: 86487).

Belangrike inligting:

Voornemende studente kan uit twee programme kies vir die Mei-inname.

Registrasie: Besoek die webtuiste, www.akademia.ac.za, tussen 2 Mei en 16 Junie 2012 vir inligting oor die registrasieprosedure.

Dokumente wat by registrasie benodig word:

ü  Voltooide registrasievorm;

ü  gewaarmerkte afskrif van identiteitsdokument of paspoort; en

ü gewaarmerkte afskrif van Nasionale Senior Sertifikaat, graad 12-uitslae of ’n ander erkende vlak 4-kwalifikasie.

Koste: Tussen R15 000 en R17 500 per program.

Beurse en rentevrye lenings is beskikbaar.

Die afhaal van studiemateriaal en oriëntering by studiesentrums: 30 Julie tot 3 Augustus 2012.

Webtuiste: www.akademia.ac.za

Tel: 0861 222 888

Skuif los nie Mdluli-probleem op nie
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het vandag gesê die verskuiwing van die omstrede hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, lt.genl. Richard Mdluli, nie die probleem gaan oplos nie en dat Mdluli eerder geskors moet word.

“Om Mdluli te verskuif, is nie die oplossing nie. Die probleem moet aangepak word en nie rondgeskuif word nie,” het Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, gesê. Kelder het bygevoeg dat Mdluli geskors moet word hangende die ondersoeke teen hom, aangesien die skuif maar net op kaderherontplooiing neerkom.

Intussen gaan AfriForum voort om met sy regspan te beraadslaag ten einde die nasionale vervolgingsgesag se beslissing om klagtes van bedrog en korrupsie teen Mdluli te laat vaar, deur ’n hof te laat hersien.

Nantes Kelder

Hoof: AfriForum Ondersoekeenheid