Deur Johan Roos
Antwoord
Ingevolge artikel 33 van die Wet op Arbeidsverhoudinge (Wet 66 van 1995) moet die volgende inligting op ʼn salarisstrokie aangebring word: werkgewer se naam en adres; werknemer se naam en beroep; tydperk van betaling; besoldiging in geld; enige aftrekkings van die besoldiging; die werklike bedrag wat betaal is; indien tersaaklik vir die berekening van die werknemer se besoldiging, die werknemer se besoldigingskoers en oortydskaal; die getal gewone en oortydure gewerk gedurende die tydperk van betaling; die getal ure op ’n Sondag of openbare vakansiedag gewerk gedurende die tydperk; en, indien ’n ooreenkoms om gemiddelde werktyd te bereken aangegaan is, die totale getal gewone en oortydure gewerk gedurende die tydperk.
Posted in: Salaris




