
Die Solidariteit Arbeidshof-afdeling verskaf ʼn uitgebreide reeks dienste aan Solidariteit-lede en hanteer dispute namens Solidariteit-lede in terme van die arbeidsreg wat in die Arbeidshof beslis moet word. Individuele en kollektiewe lede se sake word hanteer en dienste sluit konsultasies, merietebepalings, die opstel van opinies en hofstukke, die wisseling van pleitstukke, die ondersoek van mosie-aansoeke wat betwis word, dringende aansoeke en verhore in.
Sake wat namens lede hanteer word, behels onder meer afleggings, diskriminasie, outomatiese onbillike ontslag, hersieningsaansoeke, appèlle, kontrakbreuk, verklarende bevele en aansoeke om ʼn arbitrasiebevel ʼn hofbevel te maak.
Die afdeling hanteer ook die hersiening van onsuksesvolle arbitrasie-aangeleenthede en die verdediging van hersieningsaansoeke waar die nodige meriete bestaan. Sake en aangeleenthede wat nie tydens konsiliasie geskik kan word nie, word na die Arbeidshof-afdeling verwys. Alle arbitrasie-bevele waaraan die werkgewers nie voldoen nie word ook aan die Arbeidshof-afdeling oorhandig. Deur middel van ʼn aansoekprosedure word daar dan ʼn bevel aan die hof gemaak [S1] wat daartoe lei dat stappe teen die werkgewers gedoen kan word.
Die Arbeidshof-afdeling van Solidariteit het vier litigante, twee junior litigante en drie administratiewe beamptes wat te alle tye poog om Solidariteit-lede van hulp te wees.
- Kontak die Arbeidshof-afdeling by 012 644 4381.
- Meld jou saak aan by Solidariteit Regsdienste.
- Laai die mandaatvorm af


