
Die Solidariteit Algemene Litigasie-afdeling lewer bystand aan lede wat regsprobleme in die werkplek ervaar. Hulp word verleen in terme van regsnavrae, konsultasies, grieweprosedures, dissiplinêre ondersoeke, versoenings en arbitrasies. Die Algemene Litigasie-afdeling fokus veral daarop om sake by instellings soos die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) en bedingingsrade van die verskillende bedrywe aanhangig te maak en suksesvol op te los.
Proses vir algemene litigasie:
- Die lid skakel Solidariteit Regsdienste en word óf telefonies adviseer óf deur middel van korrespondensie.
- ʼn Mandaatvorm word aan die lid gefaks of per e-pos aangestuur.
- Die voltooide mandaat moet teruggestuur word tesame met ʼn uiteensetting van die lid se klagte, getekende aanstellingskontrak en alle tersaaklike inligting oor die klagte.
- Ledestand word nagegaan en die dokumente word as ʼn regsnavraag aan ʼn litigant gestuur vir hantering of ʼn lêer word geopen.
- Die litigant bepaal die meriete van die saak.
- Indien die lid verteenwoordiging benodig tydens ʼn dissiplinêre verhoor benodig ons skriftelike toestemming vanaf die betrokke werkgewer indien dit ʼn individuele lid is.
- Na onbillike ontslag het die vakbond 30 dae om die saak van ontslag na die betrokke forum te verwys.
- Met onbillike arbeidspraktyk het die vakbond 90 dae om die saak na die betrokke forum te verwys.
- Indien die geskil genoegsame meriete dra, word die saak na die betrokke forum verwys vir versoening en, indien onopgelos, vir arbitrasie.
- Wanneer toekenning verkry word, hetsy positief of negatief, word die lid in kennis gestel.
- Indien ʼn werkgewer nie ag slaan op die toekenning nie, word die saak na die Arbeidshof verwys om die toekenning in ʼn hofbevel te verander.
- Beslag word gelê op die werkgewer se eiendom en die lid word uitbetaal.
Kontak Solidariteit Regsdienste se Algemene Litigasie-afdeling by 012 644 4344.
- Meld jou saak aan by Solidariteit Regsdienste.
- Laai die mandaatvorm af.
Lees ook verder oor:


