Aandag: Polmed-lede

2 November 2011

Geagte Solidariteitlid,

TERUGVOER AAN POLMED LEDE WAT DEEL WAS VAN DIE TWEEDE AANSOEK OM TUSSENTYDSE REGSHULP IN DIE HOOGGEREGSHOF

1. Hierdie skrywe het betrekking op die applikante, soos gelys in die aangehegte funderende beëdigde verklaring van Johann Human.

2. Die aansoek om tussentydse regshulp namens die voormelde applikante is op Maandag, 31 Oktober 2011 in die Hooggeregshof aangehoor.

3. Die aangeleentheid is geskik deurdat Polmed volledig toegestem het tot die regshulp, soos versoek in die aangehegte kennisgewing van mosie. Dit wil sê die aansoek was suksesvol, wat uiters positiewe resultate vir die betrokke applikante teweeggebring het.

4. Die regshulp kan as volg opgesom word:

4.1 Applikante 1 tot 31, soos gelys in in die aangehegte funderende beëdigde verklaring van Johann Human, wie se voortsettingslidmaatskap deur Polmed beëindig of opgeskort was, is geregtig daarop dat hulle voortsettingslidmaatskap herstel moet word en dat hulle slegs die normale gesubsideerde maandelikse premie (d.w.s nie die verhoogde volledige maandelikse premie) moet betaal.

4.2 Applikante 32 tot 88, soos gelys in in die aangehegte funderende beëdigde verklaring van Johann Human, se voortsettingslidmaatskap mag nie beëindig of opgeskort of word nie. Hierdie applikante is ook geregtig daarop om slegs die normale gesubsideerde maandelikse premie (d.w.s nie die verhoogde volledige maandelikse premie) te betaal.

4.3 Die Hof het beveel dat Polmed 14 dae vanaf 31 Oktober 2011 het om te verseker dat dit wat in paragrawe 4.1 en 4.2 hierbo uiteengesit is, gebeur.

4.4 Ons versoek u dus om geduldig te wees vir die die bovermelde tydperk, maar om ook uit te kyk daarvoor dat die bovermelde wel geskied. Die prokureurs van rekord van Polmed het onderneem om aan ons te bevestig wanneer die bovermelde afgehandel is.

4.5 Indien u ‘n applikant is, maar u situasie verskil van dit wat weergegee is in die aangehegte funderende beëdigde verklaring van Johann Human, versoek ons u om ons te kontak in die verband.

Vriendelike groete,

J KRUGER
SOLIDARITEIT
Klik hier vir die kennisgewing van Mosie